BESTEL JOU
2018
VOORRAAD HIER

LATEST TWEET:

Gemeenskap

ʼn Deel van die Bosman-familie se filosofie omtrent die groei en versorging van hoogstaande kwaliteit plantmateriaal in hul suksesvolle stokkieskwekery, Lelienfontein, en die maak van premium wyn in hul eksklusiewe 250-jaaroue kelder by Lelienfontein in Wellington, is hul geloof dat goeie stokkies gekweek en wyn gemaak word deur respek vir die delikate verhouding tussen mens en natuur.

Met ʼn holistiese benadering tot hul boerdery, glo hulle dat ʼn gesonde omgewing met gesonde grond lei tot gesonde stokkies en wingerd. Net so ook sal ʼn emosioneel, fisies en geestelik gesonde individu ʼn goeie werksetiek hê.

 

Vir dekades lank al boer die Bosman-familie volgens volhoubare boerderymetodes en die holistiese opheffing van die families wat op die plaas vir hulle werk. Wanneer jy mense in Wellington uitvra oor die Bosman-familie, is die heel eerste woorde wat na vore kom:

"Hulle kyk regtig baie goed na die mense wat vir hulle werk."

Om meer te wete te kom oor die Bosman Boerdery-inisiatiewe waar hulle aktief besig is om respek te bou en volhoubare verhoudings tussen mens en natuur te kweek, laai asseblief die volgende skakel af:

BOSMAN BOERDERY
Sosiale & Omgewingsverantwoordelike.pdf

Stokkie Calculator

Ry wydte (In meter bv. 2.7)

Tussen stok spasiëring
vines (In meter bv. 1.2)

Blok grote (In hektaar bv. 3.5)

Total Vines Needed:
0