BESTEL JOU
2018
VOORRAAD HIER

LATEST TWEET:

Bestuurspan

Lelienfontein word bestuur en onderhou deur bevoegde, voltydse personeel: Eienaar Jannie Bosman, sy seuns en permanente plaashande wat onlangs ʼn aandeel in die besigheid bekom het. Dit is ons beleid om werk te skep vir elke persoon wat op die plaas woon. Die personeel betrokke by die enting van die stokkies is hoogs gekwalifiseerd en bekwaam ‒ sommige met meer as 20 jaar se ervaring.

 

Jannie Bosman
Voorsitter

Jannie is gebore in 1955 en het in Hugenote Hoërskool in Wellington skoolgegaan. Hy het sy B.Agric (Admin) graad van die Universiteit Stellenbosch ontvang. Sedert 1979 was sy bydrae in die ontwikkeling van Lelienfontein Vine Growers tot die suksesstorie wat dit vandag is, reusagtig.

Jan Bosman
Kwekerybestuurder

Jan is in 1984 gebore en het in Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch skoolgegaan waarna hy sy B.Sc (Wingerdbou en Plantpatologie) by die Universiteit van Stellenbosch ontvang het. Hy het by die Lelienfontein-span in 2008 aangesluit waar hy spesifiek fokus op die tegniese aspekte van stokkies kweek.

Nicolene Klopper
Verkoopsassistent & Logistiek

Nicolene het by Hugenote Hoërskool in Wellington gematrikuleer waarna sy haar tersiêre opleiding van Damelin ontvang het. Sy het in 2004 by die Lelienfontein-span aangesluit en is verantwoordelik vir verkope en logistiek.

Johan Viljoen
Wingerdboukundige

Johan is in 1974 in Prins Albert gebore en het matrikuleer by Hoërskool Zwartberg. Hy het sy B.Sc Agric (Wingerd -en Wynkunde) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi in 1996. Sy werksondervinding sluit 5 jaar as tafel- en wyndruifbestuurder in, wynmaak, asook 13 jaar as wingerdkonsultant by Vinpro in die Paarl streek.

André le Roux
Bemarking en kliëntediens

André is in 1956 in Zambië gebore en het by Stellenbosch Hoërskool gematrikuleer waarna hy sy tersiêre opleiding by Elsenburg Landbou Kollege én die Stellenbosch Besigheidskool ontvang het. In 2001 sluit hy by die Lelienfontein-span aan en het reeds meer as 30 jaar ervaring in die bedryf.

Marco Blom
Bemarking en kliëntediens

Marco is in 1964 in Wynberg gebore waarna hy by Oakdale Hoërskool in Riversdal skool gegaan het. Hy ontvang sy tersiêre opleiding van Elsenburg Landbou Kollege in Stellenbosch. In 2005 sluit hy by die Lelienfontein-span aan en het vandag meer as 25 jaar ervaring in die bedryf.

P-D Bosman
Operasionele Bestuurder

P-D is in 1983 gebore en het in Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch gematrikuleer waarna hy sy B.Agric (Admin) graad van die Universiteit van Stellenbosch behaal het. In 2006 sluit hy by die res van die Lelienfontein-span aan waar hy veral fokus op dag-tot-dag bedrywigheide van die kwekery en ander plaasaktiwiteite.

Johan Arnolds
Versendingsbeampte

Johan is in 1972 gebore en het by Weltevrede Senior Sekondêr in Wellington skoolgegaan. Hy sluit in 1988 by die Lelienfontein-span aan. Hy is die vriendelike spanlid wat jou sal help tydens die uitvoering van jou bestelling van stokkies.

Petrus Bosman
Besturende Direkteur

Petrus is in 1981 gebore en het in Paul Roos Gimnasium skoolgegaan waarna hy sy B.Acc (BCommHons.) van Universiteit Stellenbosch behaal het. Hy sluit in 2004 by die Lelienfontein-span aan en speel ʼn belangrike rol in die strategiese ontwikkeling van Lelienfontein Vine Growers.

Stokkie Calculator

Ry wydte (In meter bv. 2.7)

Tussen stok spasiëring
vines (In meter bv. 1.2)

Blok grote (In hektaar bv. 3.5)

Total Vines Needed:
0