BESTEL JOU
2018
VOORRAAD HIER

LATEST TWEET:

Oorsig oor Navorsing &
Ontwikkeling

Lelienfontein Wingerdkwekers is op ʼn deurlopende basis pro-aktief besig om te innoveer en kwaliteitstandaarde van stokke beskikbaar aan druiweprodusente te verbeter, asook aan diensstandaarde in die stokkiesbedryf. Ons objektiewe is om in vennootskap te werk met druiweprodusente en plantverbeteringsorganisasies om volhoubare oplossings daar te stel met betrekking tot uitdagings wat produsente in die oë mag staar in die wingerd.

Ons huidige fokusareas met betrekking tot navorsings- en ontwikkelingsprogramme is:

  • Die ontwikkeling van moederblokke (onderstokke) in geïsoleerde gebiede soos Leeugamka, Ceres Karoo, Klein-Karoo en Hemel-en-Aarde Vallei om die risiko van kontaminasie te beperk.
  • Die ontwikkeling van moederblokke om die beskikbaarheid van rare en nis plantmateriaal aan die bedryf te verseker.
  • Die monitering van geënte druifsoorte in ons stokkiestuin in die Hemel-en-Aarde Vallei. Vind hier meer uit oor die jaarlikse proe-geleentheid van hierdie kloon-variëteite.
  • Die vermeerdering van nuwe tafel- en rosyntjiedruif variëteite in ons Grondslag Tonnels in samewerking met SAPO en Topfruit.
  • Die ontwikkeling van ons fasiliteite en strukture om betroubare en professionele ingevoerde plantmateriaal te vermeerder.

Ons bedryf is dinamies en het verandering op ʼn gereelde basis nodig. Ons doelwit is om dit wat ons doen na die beste van ons vermoë te doen en ons vinger op die pols van enige nuwe ontwikkelings te hê.

Indien jy ingelig wil wees oor toekomstige ontwikkelings, teken in op ons nuusbrief.

Media

Hieronder is ʼn paar artikels van onlangse ontwikkelings by Lelienfontein Wingerdkwekers. Klik op die foto's om die artikel te lees.




Stokkie Calculator

Ry wydte (In meter bv. 2.7)

Tussen stok spasiëring
vines (In meter bv. 1.2)

Blok grote (In hektaar bv. 3.5)

Total Vines Needed:
0